Linda (Swanepoel) Thiart onthou ....

1957 - 1981 in Springbok

 

My pa: Gideon Petrus Swanepoel (Swannie) 
My ma: Susanna Sophia de Vries (Sannie)
Dr Bakker - hospitaal
Dr Afke - sy dogter
My dogter Irene
Suster Murray van die klooster
Broeder Wim
Rooiklippies (by Kleinzee)
Wolfberg
Joel Jowell
Kosie Botha
Oom Nicky Kotze
Tannie Polla
Geelwinkel
Jan Panty se apteek
Hoof tronkbewaarder oom Roelf Kamfer
Ek is getroud met Johan Thiart
Sy broers Stanley en Dirk Thiart
Sy suster Thersia
Coenie Goosen
Marietjie (Hennig)
Hanna van den Heever
Barry van den Heever
Assie Dippenaar en Colleen Kotze was die hooftellers

Ek is gebore en getoŽ in Springbok. Het tot Std 8 daar skoolgegaan en toe matriek in die Kaap geskryf en verder geswot in Wellington.

My pa Gideon Petrus Swanepoel (Swannie) het in die vyftigerjare in die meubelbedryf gewerk en in Springbok gewerk. Hy het my ma Susanna Sophia de Vries (Sannie) ontmoet wat 'n verpleegster by die hospitaal was en saam met Dr Bakker gewerk het. Ek is in 1957 daar gebore. Dr Bakker was al die jare ons huisdokter en my dogter Irene is in die Springbok hospitaal gebore in April 1979 terwyl Dr Bakker em Dr Afke -sy dogter - my  dokters was. Suster Murray van die klooster ('n non) het diens gedoen as suster in die hospitaal. Broeder Wim was ook by die klooster en het gereeld die gas vir die klooster by my ma kom koop. Die klooster was geleŽ in Matjieskloof.  Dr Anton van Niekerk was die plaaslike tandarts. Boetie Gerrit en sy pa oom Gerrit het die garage langs die Springbok Hotel gehad. Hoe om met alle messe, vurke en lepels te eet, het ek in die Masonic Hotel geleer. Ek het ook op my eerste huweliksnag in die Springbok Hotel geslaap want daardie jare het jy net petrol tot Vrydagaand 6 uur gekry het. Dr Afke was getroud met Billy Howe wat die bakker op Okiep was en hy het dan ook my troukoek gebak. Ek is in 1977 in die klipkerk op Springbok getroud deur Ds Macarthy. Ds Agenbag was saam met Macarthy by die NG kerk.My ouers het na Calvinia verhuis en in 1961 is hulle terug Springbok toe waar hulle dan hulle eie meubelwinkel oopgemaak het. Later het my pa 'n winkel laat bou in Nababeep en 'n winkel in Port Nolloth ook begin. Later het hulle 'n Afrox-franschise ook begin. My pa het geskiedenis gemaak deur drie jaar na mekaar die beker by Springbokskou te wen vir die beste stalletjie.

My pa het 'n paar minerale soos wolfram en kwartsiet ook ontgin en het 'n hele paar kleims in die Richtersveld gehad. Hy en die hond Markus het gereeld Richtersveld toe gegaan en dan was hy op sy gelukkigste. Ons het gereeld naweke Rooiklippies (by Kleinzee) gaan besoek en is daar lekker kreef gevang wat net daar op die strand in die seewater gekook is. Ons moes nog by Wolfberg deur die polisie gaan en het gereeld blikkieskos by hulle gekry.

My pa was groot vriende met oom Joel Jowell, Kosie Botha, Oom Nicky Kotze en Tannie Polla. Hulle was gereeld besoekers aan ons huis. Hy het gereeld saam met oom Jowell die Joodse sinagoge besoek en het sy eie kopdingetjie gehad wat die Jode in hulle kerk dra.

Ek was saam met Marianne Botha, Ronelle du Preez, Lettie Badenhorst, Carien van Niekerk, Gerda van den Heever, Heleen de Vries en daardie klomp in die klas. Mnr du Preez was die skoolhoof. Jacky Sherriff het vir ons Engels gegee en ons het 'n heilige vrees vir hom gehad. Ek het nooit in die nuwe skool skoolgegaan nie maar wel in die skool waar die laerskool en hoŽrskool op een perseel was.

My pa is dood in 1970 waarna my ma die meubelwinkels verkoop het aan die Lewisgroep en net met die gaswinkel aangegaan het. Die gaswinkel was net oorkant die pad van die Geelwinkel en Jan Panty se apteek was net om die hoek.

Ons huis was geleŽ tussen Voortrekker en van Riebeeckstraat regoor die tronk. Ons adres van Van Riebeeckstraat 22 Springbok.  Ons kinders het gereeld by die tronk gespeel want my ouers was vriende met die hoof tronkbewaarder oom Roelf Kamfer. Ek dink daar is vandag 'n garage en bottelstoor op daardie perseel. Toe ek so 'n paar jaar gelede daar was, het ons sement pophuis nog op die perseel gestaan.

My ouers is altwee in Springbok se begraafplaas begrawe. Ek is getroud met Johan Thiart, ook 'n Namakwalander. Hy het in Nababeep by die kopermyn by die smelter gewerk. Ons het in 4de laan 13 gebly. In 1979 was daar 'n staking by die myn en die sekretaris van die Mynwerkersunie Arrie Paulus het Johan self kom haal sodat hy nie mag gaan werk het nie. Almal wat aan die staking deelgeneem het, is afgebetaal en moes heraansoek gedoen het vir hulle werk. Sy broers Stanley en Dirk Thiart het ook 'n besigheid in Springbok gehad waar hulle dienste aan die myne gelewer het. Sy suster Thersia is met Coenie Goosen getroud en Stanley en Marietjie (Hennig) wat 'n onderwyseres by die Namakwland HoŽrskool is bly nog steeds op Springbok. My swaer is Gerrit Agenbag wie se familie die Agenbag's Garage en die skoolbusse gehad het. Ek het gereeld saam met Elsabe - Gerrit se suster - gespeel. Sy is getroud met Ray van Rensburg wie se pa ons plaaslike fotograaf was.Ek is 'n opgeleide onderwyseres maar het in Maart 1978 in die ou Barclays Bank (FNB) begin werk. Piet Viviers was die bankbestuurder en Martin Filander was die rekenmeester. Ek het saam met Hanna van den Heever wat met Barry van den Heever getroud is, gewerk. Assie Dippenaar en Colleen Kotze was die hooftellers. Colleen is getroud met Alkie Kotze wat die bestuurder by Lewis Stores op Nababeep was. Ek en sy het 'n saamryklub gehad en elke dag die pad Springbok toe aangedurf. In 1981 het ons na Kathu verhuis en bly sedert 1996 op Vredenburg aan die Weskus.

 Ek was baie jare laas op Springbok maar beplan om vroeg Januarie 2012 daar deur te ry op pad Upington toe.

Dr Anton van Niekerk was die plaaslike tandarts
Boetie Gerrit en sy pa oom Gerrit
Billy Howe wat die bakker op Okiep was 
Ds Macarthy
Ds Agenbag
Die hond Markus
Marianne Botha
Ronelle du Preez
Lettie Badenhorst
Carien van Niekerk
Gerda van den Heever
Heleen de Vries
Mnr du Preez was die skoolhoof.
Jacky Sherriff
Sekretaris van die Mynwerkersunie Arrie Paulus
Gerrit Agenbag
Elsabe - Gerrit se suster
Ray van Rensburg
Piet Viviers was die bankbestuurder
Martin Filander was die rekenmeester
Alkie Kotze
 

 

 

 

 

Kontak Linda Thiart

E-pos linda@globemail.co.za

Besoek die Springbok Inligting Webtuiste


Page design and maintenance by Fish Eagle Productions, Springbok. Contact Christo Conradie, +27826426356 (South Africa), +264817566444 (Namibia) christo@fisheagleproductions.co.za

www.fisheagleproductions.co.za