Linda (Swanepoel) Thiart onthou ....

1957 - 1981 in Springbok

 

HOOFSTUK 2

        

Oom en Tannie Sors Ek onthou vir oom en Tannie Sors wat die begrafnisondernemers was. Tannie Sors het haar eie man se begrafnis gedoen. Hulle het my pa begrawe en Tannie Sors het my ma se begrafnis waargeneem want oom Sors was toe al oorlede. Ek praat onder korreksie maar ek dink dat hulle seun Manie die begrafnisdienste oorgeneem het. Tannie Stramrood
Wie ken nie nie Joepie Kotze nie? Ons het altyd brood, melk, koerante en tydskrifte by die kafee gekoop. Hullle het ook die lekkerste Cream Soda floats gemaak. Joepie Kotze Tannie Stramrood se kafee was bekend vir die lekkerste roomys in die hele land. Sy was ook nie suinig om haar resepte met ander te deel nie.
Oom Sarel en Tannie Miempie Coetzee Tannie Miempie Coetzee het die bloemiste-winkel gehad en sy het ook trourokke gemaak. Haar man oom Sarel het al die jare polisse vir Sanlam geskryf. Hulle het 4 seuns gehad Johan, Tinkie, Frans en Marius. Hulle het ook 'n aangenome dogter Amanda gehad. Tinkie is in 1970 deur die skoolbus doodgery.
Johan

Tinkie

Frans

Marius

Oom Jerling

Dr Anton van Niekerk

Oom Jerling het by die plaaslike tandarts dr Anton van Niekerk gewerk en die mense wat valstande gedra het het hoog en laag gesweer dat hy die beste tandemaker in die węreld was. Sy dogter Dorothy (Dolletjie) het vir 'n rukkie by ons aan huis gebly nadat haar ma oolede is.
Dorothy (Dolletjie)
Oom Stoffel Snyman en sy vrou Kowa het die mans klerewinkel Snymans Uitrusters bedryf en as jy in die mode wou wees het jy as man jou klere daar gekoop. Tannie Kowa het met so 'n horrelvoetjie geloop. Oom Stoffel en tannie Kowa Snyman

 

Oom en Tannie Greyling

Dan oom en tannie Greyling se Krymekaar kafee en bioskoop. Vir R0.50 kon jy lekker gaan fliek en vir jou 'n koeldrank en 'n pakkie skyfies koop. Soms is die stoele in die bioskoopsaal weggeskuif en het ons lekker gesokkie met disko-ligte en al. Het ons nie lekker geblues in daardie saal nie?
Die Kotzes van die Goedkoop Winkel Dan was daar die Kotzes van die Goedkoop Winkel en Tannie Ina de Beer en haar man met die Nasionale Winkel. Jy kon jou inkopielys daar ingee en jou goedjies later gaan haal het of dis by jou afgelewer. Tannie Ina se seun is tydens sy diensplig op die grens doodgeskiet.

 

Oom en Tannie Ina de Beer

Marius Bouwer - insetsel vanaf Facebook - dankie Marius!

Ja ek onthou oom Jopie se winkel ook baie goed! Ek het altyd daar vanaf Kingstraat geloop, ek en my buurman ou Quintin du Toit, dan het ons gaan swiets koop daar by oom Jopie se winkel. Of by die Viskaiing se plek - die Mosterts - se Viswinkel het ons gaan Wilson toffies koop! Dan kry ons sommer so 'n hele twee hande vol vir 'n R1!! :-D Dan het ek en my maters ook soms gaan games speel daar by die Arkade se winkel - 'n ver ent van ons huise wat by Kingstraat se punt was lol!

 

 

 

 

 

 

Kontak Linda Thiart

E-pos linda@globemail.co.za

Besoek die Springbok Inligting Webtuiste


Page design and maintenance by Fish Eagle Productions, Springbok. Contact Christo Conradie, +27826426356 (South Africa), +264817566444 (Namibia) christo@fisheagleproductions.co.za

www.fisheagleproductions.co.za